Fasilteite

ALLES OP EEN PLEK VIR U

Gesondheid

Sorgentrums

Wilgers Aftreeoord stel hom ten doel om primêr ‘n onafhanklike leefstyl aan sy inwoners te bied. Ons glo dat, indien moontlik, inwoners in hul eie wonings moet leef en versorg word, maar dit is onvermydelik dat die ouderdom ons inhaal.

Om hierdie daaglikse ouderdomsverwante gesondheidsprobleme aan te spreek, het ons ‘n ten volle toegeruste Sorgsentrum met personeel wat baie ondervinding het en uiters vaardig is.

Tuisversorging en ondersteunende sorg kan met die Oordsuster gereël word. Sy sal van hulp kan wees met die aanstelling van ons bestaande personeel, maar indien so verlang, kan sy ‘n versorger van buite goedkeur.

Oord Mediese Praktisyn

Daar is ‘n spreekkamer op die perseel waar u ‘n afspraak kan maak om die mediese dokter te spreek wat een keer per week die Oord besoek.

Oordsuster

Ons inwonende Oordsuster bied ook bykomende gesondheidsorg aan in die oggendkliniek waar sy alledaagse probleme soos bloeddruk, glukosetoetse, basiese wondsorg, inspuitings, flebotomie dienste, ens. aanspreek.  Sy is ook beskikbaar vir geskeduleerde tuisbesoeke en medikasiekontrole.

24-uur Ambulans

Daar is 24/7 ‘n ambulans op die terrein beskikbaar.

Gesondheid en Skoonheid

Skoonheidsalon

Met dienste wat aan beide mans en dames verskaf word, bied die skoonheidsalon ‘n wye verskeidenheid behandelings en naelsorg van Maandag tot Vrydag aan.

Haarsalon

Met dienste aan beide mans en dames sal die haarsalon omsien na al u stylering- en versorgingvereistes vanaf Maandag tot Vrydag.

Veiligheid en Sekuriteit

Sekuriteitstelsels

Ons doel van “Zero Insidente” sluit in totale beveiliging van al ons inwoners en pro-aktiewe onderhoud van ons stelsels.

Alle eenhede is toegerus met ‘n paniekknoppie wat by beide Sekuriteit en die diensstasie in die Sorgsentrum registreer en verseker dat inwoners vinnige reaksie van beide Sekuriteit en verpleegpersoneel ontvang in noodsituasies.

Gewapende Reaksie

‘n Diensverskaffer behou gedurige observasie vanaf ‘n sentrale kontrolekamer en indien ‘n inbraakalarm sou afgaan stel hulle die wagkamer op die terrein in kennis.

Elektriese Heinings

Elektriese heinings is aangebring op al die mure om die Oord.  Hierdie stelsel word weekliks getoets en gereelde onderhoud word gedoen deur ‘n gekwalifiseerde diensverskaffer.

Waarneming deur middel van Kameras

‘n “Video-Fied” kamerastelsel met “voice challenge” funksie is dwarsdeur die Oord in gebruik wat verseker dat potensiële inbrekers opgespoor kan word.

Toegangsbeheer

Beide toegangshekke het toegangskontrole in plek, met wagte wat snags bykomende geskeduleerde patrollies uitvoer in die Oord.

Huis en Haard

Sonkrag

‘n Betekenisvolle kostebesparingsinisiatief is bereik deur die installering van ‘n 198kWp sonkragstelsel teen geen bykomende koste vir die HEV nie.

Sedert die ingebruikneming van die stelsel in Januarie 2021, is die elektrisiteitskoste vir die gemeenskaplike eiendom gehalveer.

Ondersteuningskragopwekker

‘n 2000Kva kragopwekker verskaf krag gedurende beurtkrag aan die Dienssentrum, gange in die woonstelblok, kombuis, Sorgsentrum, skoonhiedsalon, haarsalon en die wassery.

Skoonmaakdienste

Skoonmaakdienste vind of op ‘n vasgestelde of ad-hoc basis plaas van Maandag tot Vrydag (publieke vakansiedae uitgesluit) Daar word van inwoners verwag om onafhanklik te onderhandel oor diensterme en pryse met die diensverskaffer.

Tuindienste

Privaatgrasperke word eenmaal per week in die groeiseisoen en soos vereis in die wintermaande, gesny en rante netjies gemaak. Buiten hierdie dienste kan daar onafhanklik onderhandel word met ‘n tuindienslid vir bykomende dienste.

Wasserydienste

Vir inwoners wat nie meer kan of wil hulle eie wasgoed was nie is daar ‘n wassery op die terrein beskikbaar teen ‘n fooi van Maandag tot Vrydag (publieke vankansiedae uitgesluit). Wasgoed kan gehaal en terugbesorg word by u eenheid teen ‘n bykomende fooi.

Interne onderhoud

‘n Interne onderhoudspan is gereed om na die dag-tot-dag behoeftes van die gemeenskaplike eiendom se herstelwerk en onderhoudsvereistes om te sien.

Kiosk

Bevrore maaltye en dag-tot-dag kruideniersitems is beskikbaar by die kiosk.

Onderdakparkering

Veilige bykomende onderdakparkering vir karavane en waentjies is ook tot die beskikking van inwoners teen ‘n maandelikse tarief.

Water

Drie 5,000liter Jojo watertenks verskaf drinkwater aan die kombuis, Sorgsentrum en inwoners gedurende watertekorte.

Sosiaal

Sosiale
Komitee

Die Oord het ‘n aktiewe Sosiale Komitee wat verskeie pret- en ander geleenthede reël, van pretlope tot pannekoekbak tot optredes van besoekende kunstenaars.

Kerkdienste
Verskeie kerkdienste vir inwoners sowel as personeel word weekliks op Dinsdagoggende en Donderdagmiddae gehou.
Ontspanningsaal
Lus om ‘n verjaardagpartytjie of huweliksherdenking te vier? Maak gerus gebruik van ons fasiliteite. Bespreek die saal en tref reëlings met die kombuisbestuurder wat die onthaal graag vir u sal reël.

Eetsaal

‘n Plek van samesyn waar ontbyt en middagetes bedien word.  Etes kan bestel word as wegneemetes of aansitetes.  Inwoners wat nie mobiel is nie kan etes laat aflewer by hul eenhede teen ‘n fooi.

Biblioteek

Ons biblioteek maak voorsiening vir al ons entoiesiastiese lesers, met ‘n groot verskeidenheid boeke van u keuse wat u op u tyd kan lees in u eie gemakstoel.

Braaigeriewe

Reël ‘n lekker braaivleis vir jouself of jou vriende of skakel in by een van ons sosiale geleenthede om die braaivleisvure

Minibusdiens

Maak gebruik van ons minibusdiens wat drie keer per week omliggende inkopiesentrus besoek. Inwoners moet vooraf bespreek by Ontvangs.

Seniorobics

Hierdie aerobiese klasse, spesiaal vir seniors, vind elke Donderdagoggend plaas teen geen koste.  Bly fiks, geniet jouself en ontmoet jou mede-inwoners.

Leeskring

Sluit aan by die Oord se leeskring waar u kan deelneem aan intellektuele debatsvoering oor ‘n voorafbepaalde spesifieke boek met u mede-inwoners.

Kaartspeletjies

Kaartspeletjies word daagliks gespeel deur die inwoners.

Voorlesing vir Siggestremdes

‘n Groep inwoners lees elke Maandagmiddag voor uit boeke vir die inwoners wat nie meer in staat daartoe is om vir hulself te lees nie.

Saamsing

Elke Dinsdagmiddag kom al die inwoners wat daarvan hou om te sing en sosialiseer bymekaar om lekker saam te sing.

Bingo

Ons entoesiastiese bingospelers kom elke Vrydagmiddag bymekaar vir ‘n bietjie pret en geselskap.

Konnektiwiteit

Privaatposbussies

Alle inwoners het die voorreg om ‘n gratis privaatposbussie in die Dienssentrum te kan benut.

Interne Telefoonstelsel

Daar is ‘n interne foon in elke eenheid waarvan alle interne nommers gratis geskakel kan word.

DSTV

Aansluitings is aangebring in elke woonstel.  Inwoners moet net met DSTV onderhandel om gebruik te maak van ‘n diens van u keuse en vir u eie onkoste.

Optiese Veselverbinding

Elke eenheid beskik oor ‘n optiese veselverbinding.  Teken aan by u voorkeur diensverskaffer vir u eie onkoste.

WILGERS AFTREEOORD

Welkom by die leefstyl waaroor u altyd gedroom het. Wilgers Aftreeoord is ‘n stukkie paradys vir aktiewe mense van 50 jaar en ouer in Pretoria Oos.

© 2021 Wilgers • Retirement Village • Aftree Oord | All Rights Reserved. Designed & Developed by Vivant Studios