Bestuur

Ons sien om na u sodat u na uself kan omsien

By die Wilgers Aftreeoord streef ons daarna om die daaglikse probleme te verwyder uit ons inwoners se lewens sodat hulle hul eie lewenstyle maklik en sonder probleme kan bestuur

Administrasie

Volledige Dienssentrum

Gerieflikheidshalwe sien ons om na al u leefstylnoodsaaklikhede; diens op een plek.  Ons is daar vir u of u elektrisiteit wil aankoop, heffings wil betaal, op soek is na betroubare kontrakteurs, onderhoudsprobleme wil aanmeld, plek op die bus of die saal wil bespreek en selfs om fotokopieë te maak.

Ons is hier om u van hulp te wees met elke moontlike navraag en om in al u behoeftes te voorsien.

Direksie en bestuur

Wilgers Aftreeoord word bestuur deur direkteure, wat jaarliks by die Algemene Jaarvergadering verkies word deur die eienaars.

Op hulle beurt maak direkteure gebruik van ‘n spesialis bestuursagent agent wat die daaglikse werksaamhede van die Oord hanteer.

Volgens die waardes van die Oord bly ons verbind tot integriteit, uitnemendheid en empatie in alles wat ons doen.

Vind jou Aftree Tuiste

Bykomende diensverskaffers is aangestel om die volgende te hanteer:

WILGERS AFTREEOORD

Welkom by die leefstyl waaroor u altyd gedroom het. Wilgers Aftreeoord is ‘n stukkie paradys vir aktiewe mense van 50 jaar en ouer in Pretoria Oos.

© 2021 Wilgers • Retirement Village • Aftree Oord | All Rights Reserved. Designed & Developed by Vivant Studios