Nuus
Die Posduif

Die Posduif is die amptelike bulletin van Wilgers Aftreeoord en word op die 25e van elke maand gedruk. Dit het in 2013 begin as ‘n vier-bladsy pamflet saamgestel deur die Bestuur. Daarna het dit die verantwoordelikheid van die inwoners geword wat uiteindelik gelei het tot die samestelling van ‘n redaksie in 2017. Dit spog nou met nie minder as ‘n 16-bladsy inhoud nie.
In 2019 het die Posduif tweede geeindig in ‘n nasionale kompetisie van soortgelyke nuusblaaie.
Die hoofdoel van die nuusblad is nog steeds om ons eie gemeenskap te voorsien van inligting, nuus en interessante dinge vanuit ons eie gemeenskap.
Vandag sal u egter vind dat inwoners en personeel bydraes lewer soos kreatiewe skrywes, artikels, gereelde rubrieke en briewe. Ook is daar humor, speletjies en soms interessante aanhaalbare aanhalings.
Plaaslike besighede se advertensies dra die drukkostes.
Die Friday Flyer, ‘n weeklikse tweetalige nuusbrief, is die mondstuk vir die dag-tot-dag gebeure in die Oord.
Advertensies






Welkom by die leefstyl waaroor u altyd gedroom het. Wilgers Aftreeoord is ‘n stukkie paradys vir aktiewe mense van 50 jaar en ouer in Pretoria Oos.
© 2021 Wilgers • Retirement Village • Aftree Oord | All Rights Reserved. Designed & Developed by Vivant Studios